|
|
|
NUUTSTE NUUS |
|
|
Die gewilde jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer op Nooitgedacht deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied. Hierdie gevestigde kursus word deur die ATKV-Skryfskool aangebied en as aanbieders tree verskeie bekende skrywers, soos Blouwillem, Christine Barkhuizen-Le Roux, Cas Vos, Johann Symington, Stephanie Nieuwoudt, Franci Greyling, Hans du Plessis, Jan Swanepoel, Dirk Jordaan, Maritha Snyman en Martie Pansegrouw op. Die Herfsskool word op Nooitgedacht, die konferensieterrein van die PUK aan die Vaalrivier buite Potchefstroom, aangebied. Die Herfsskool is van 8 tot 12 Maart 2010 en dit kos R2 500 vir die vyf dae en sluit die kursusgeld, verblyf en middag- en aandetes is. Navrae: Tel: (018) 299-1783 Faks: (018) 299-1784 E-pos:
Die e-posadres is teen spam-botte beskerm. Jy moet Javascript ontsper om dit te kan weergee
|
|
|
 |
|
|