|
2010 DANS DAT DIE STOF SO STAAN Die vierde Nasionale ATKV-Rieldanskompetisie het op Saterdag 5 Desember in die amfiteater van die Taalmonument in die Paarl plaasgevind. Daar is gedans dat die stof letterlik staan in hierdie besondere projek wat vier jaar gelede deur die ATKV geïnisieer is. Lees meer
Die rieldansspan van Witzenberg het byna skoonskip gemaak in die jaarlikse nasionale rieldanskompetisie wat Saterdagaand in die Paarl plaasgevind het. Met danspassies soos die askoekslaan, muishond-kielie-vir-meerkat en die bobbejaandans het dié span met die eerste prys weggestap. Lees meer!
Weet jy hoe dans mens die askoek? En wat is 'n kibbes? En 'n ribstuk? Sondag 6 Desember 2009 Raai waar was ek gisteraand? By die ATKV-rieldans finale in die Taalmonument in die Paarl! Wat 'n wonderlike gedoente was dit nie. Soveel gees! Omtrent 5 000 mense (wit en bruin) het kom kyk hoe rieldansers van regoor die land sake uitspook om as kampioen-rieldansers aangewys te word. Al gewonder hoe lyk die askoek? En wat is 'n kibbes? En 'n ribstuk? Eersgenoemde dans is vrek moeilik - die regtervoet moet in die dans bokant die linkerknie skop. 'n Kibbes is 'n "girlfriend". En 'n "ribstuk" natuurlik 'n geliefde. Lees meer
Vir 'n groter weergawe, kliek hier! In Elias P. Nel se lewe is daar ‘n hele paar passies: stories, die letterkunde, Afrikaans, sy gesin. En rieldanse, erken hy, sy oë op skrefies soos hy ver terug in die verlede kyk. Na die tyd toe die Koi en die San sleepvoet gedans het om ‘n slang te skilder en die kaperjolle van ‘n amoreuse bobbejaanmannetjie nagemaak het. Dié dat die rieldanse sulke lekker name het soos askoek en vlerksleep... Lees meer! Vir 'n groter weergawe, kliek hier!
Met die instelling van die ATKV-Rieldans kompetisie word die Rieldans weer op verskeie plekke herleef... ook op Hartenbos. Lees meer
|