ATKV
-
TUIS
OOR ATKV-PROJEKTE
PROJEKORGANISEERDERS
PROJEK KALENDER
PROJEK UITSLAE
KONTAK ONS
POZZI
 
NUUTSTE NUUS Druk

 

2010

Die ATKV-Jeugleiersimposiums is soos gewoonlik 'n hoogtepunt op die skoolkalender en die datum vir vanjaar is 06 - 09 Desember 2010.

Die sluitingsdatum is 19 November 2010 en daar word gemik om drie Simposiums op verskillende terreine aan te bied. Verdere inligting oor die kostes en presies waar dit aangebied gaan word, sal nog deur gegee word. Hou gerus die webtuiste dop.

Die Jeugleiersimposiums rus jong leiers toe om hul medeleiers doeltreffend te laat funksioneer en die daarop volgende jaar voluit aan te pak sonder om akademie te verwaarloos.

Die Jeugleiersimposium gee aandag aan die volgende temas:

  • Spanvorming tussen verkose leiers van 'n bepaalde skool.
  • Sy/haar vaardigheid om tyd sinvol te bestuur.
  • Kommunikasievaardighede.
  • Bestuursvaardighede.
  • Konflikhantering.
  • Die leier en sy/haar taak in die praktyk.

Vir meer inligting skakel Annemarie Alberts by 011 919 9038 of e-pos: Die e-posadres is teen spam-botte beskerm. Jy moet Javascript ontsper om dit te kan weergee

 
BANNERS
BANNERS teks