|
|
|
NUUTSTE NUUS |
|
|
As jy dalk gewonder het oor wat jy in hierdie lang Junie/Julie 2010 vakansie gaan doen is hier 'n opwindende geleentheid om, so tussen die sokker deur, deel te wees van 'n Jeugberaad. Die Jeuginstituut mik om vier Jeugberade vanjaar te hou tydens Junie/Julie skoolvakansie, so Graad 11 leerders moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Ons is nog nie 100% seker oor wat die invloed van die sokker op die plekke waar ons dit wil aanbied, gaan hê nie, dus kan ons nog nie die spesifieke plekke en datums noem nie. Gegewens sal spoedig moontlik bevestig word. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2010. Dit is nie net tyd vir sokker nie, maar ook Graad 11 leerders se tyd om ge-POETS te word vir die toekoms. Ons wil die jeug blink maak deur te kyk na temas soos Politiek, Onderwys, Ekonomie, Tegnologie en die Sosiaal-maatskaplike.
|
|
|
 |
|
|