|
FIETSTOERGROEP WORD BY DIE FONTEINESIRKEL ONTVANG |
|
|
Studente wat vanjaar die Postmatriekkursus by die ATKV-Jeuginstituut by die ATKV-Drakensville bywoon, het sopas 'n fietstoer deur die noordelike dele van ons land voltooi.
Hulle het die sneeubedekte Drakensberge meer as twee weke gelede verlaat en na meer as 'n duisend kilometers se getrap, in Pretoria aangekom waar hul gasheer Sakkie Kotze (voorsitter van ATKV-tak Centurion en lid van die ATKV-direksie) hulle by die Fonteinesirkel ingewag het.
ATKV-tak Centurion het besoeke aan verskeie skole in Pretoria gereël sodat hulle aan matrieks van hul wedervaringe dusver op die Postmatriekkursus kan vertel.
Die kursus sluit o.a. persoonlike ontwikkeling, leierskap-, kommunikasie- en bestuursvaardighede, loopbaan- en finansiële beplanning, entrepreneurskap en besigheidsbestuur in.
Blootstelling aan 'n wye verskeidenheid geakkrediteerde ekotoerisme- en avontuurkursusse soos o.a. bergfietsry, lewensredding, noodhulp, oorlewing ens. vind ook tydens die kursus plaas.
Navrae: Sakkie Kotze - 082 925 1488 |
|
|
OPSOMMING |
|
|
Die drama het reeds begin voor ons weggespring het, toe arme Marie-Louise se pedaal afval. Maar dit was asemrowend om te sien hoe goed almal lyk. Ons was amptelik ‘n eenheid, ‘n groep mense met ‘n doel. Die groep spring weg met die klanke van Kurt Darren se Kaptein in hulle ore, Irma wat foto’s neem, Drakensville se personeel in kaskarre en Pieter wat ons afskiet met ‘n “Cherry bom” in plaas van ‘n geweertjie! Die groep het fiets getrap tot by die T-aansluiting waar ons 2 groepe se paaie geskei het vir die duur van die fietstoer. Die fietse het gebreek en moes heeltyd herstel word deur die loop van die toer maar ons het puik “mechanics” gehad wat dit vinnig weer reg gemaak het en oor gegaan het aan die einde van elke dag.
Niemand het gedink dat die ervaring op die fietse elke dag so lekker sou wees of dat die skole soveel gees of belangstelling sou toon nie. Die noorde toer stry volstrek dat hulle toer beter was as die suider toer en so ook stry die suider toer met die noorde. Die gene wie hard geval het wys hulle skete en kolle vir almal en het gevind dat hulle meer met ander in gemeen het as wat hulle gedink het: Superman bloei ook.
Dit was eintlik nie solank soos wat ons gedink het dit sou wees nie maar die werk le nou weer voor om almal weer met mekaar te integreer as dit so genoem kan word want die groep voel nou effe verdeel maar gee ons net ‘n week dan sal almal weer met mekaar kan saam lewe en iets nuut he om oor te gesels. Die groep het eintlik weer almal bymekaar gekom toe ons Gold Reef City toe was vir ‘n dag en die mense het gehardloop om op al die Riller Rollers (probeer daai een 3 keer in ‘n ry sê) te gaan. Die dag wat ons terug gekom het, het die 2 groepe mekaar in Villiers gekry om saam die laaste paar kilmeters terug Drakensville toe vir oulaas fiets te trap, min wetend dat die bergfiets kursus al vrydag sou begin het almal voluit gery en heeltemal pootuit by die oord aangekom.
Die jaar voel amper oor en van ons oorweeg om volgende jaar onder ander identiteite in te skryf om weer die jaar te kan beleef, weer op so ‘n fietstoer te gaan en weer soveel grys hare vir Hanri, Lizette en Smit te gee.
Die hoeveelheid Kilometer deur elke persoon in die Suider toer gery vir 7
(Pienk deel is die totaal gery) |
|
NOORD-TOER EINDIG |
|
|
ATKV-Postmatriek "noord-toer" eindig in Vereeniging en geniet die gasvryheid van die ATKV-Vereeniging tak
|
|
ATKV-VEREENIGING OORHANDIG GELD AAN DIE KINDERFONDS |
|
|
ATKV-vereeniging oorhandig 'n tjek van R1500 aan Nicolaas Wilkens as bydrae tot die Beeld kinderfonds.
Vlnr: Gert van Zyl, Cas Schoeman (takvoorsitter), Nicolaas Wilkens (ATKV-postmatriekstudent), Alex Jacobs (ondervoorsitter van die tak)
|
|
POSTMATRIEK FIETSTOER SE DAGBOEK |
|
|
Kliek op die dae hieronder vir meer inligting en foto's!
Noord-toer
|
|
BEELD KINDERFONS OORHANDIGING |
|
|
Oorhandiging van R2000 vanaf Hoërskool Marais Viljoen aan die Beeld kinderfonds
Voor vlnr: Nicolaas Wilkens, Melissa Moss, Estelle Steward, Danelle Ellis, Mijeanne Moller Agter vlnr: Neil Clegg, Zander Botha, Astrid Johannes, Emma-Lize Steyn, Nico Venter, Angelique Meyer, Johan Pretorius ontvang die tjek vanaf Mev Martie Heystek (skoolhoof) en Mev Dorette Prinsloo (onderwyseres) |
|
POSTMATRIEK SE FIETSTOER SPRING WEG OP DRAKENSVILLE |
|
|
|
|
|
|
Voor Links na Regs: Hanri Roeland, Smit Siebert, Lizette Odendaal Middel: S.P. Jansen van Rensburg, Astrid Johannes, Zachie J van Rensburg, Johan Pretorius, Emma-Lize Steyn, Nico Venter, Nicolaas Wilkens, Mel Moss, Happiness Nene, Neil Clegg, Danelle Ellis Agter: Tammy Jacobs, Frikkie Gouws, Mielie Snyman, Lucky Ntuli, Zander Botha, Charné Weppelmann, Maxine Dednam, Jorinda van Rooyen, Marie-Louise van Straaten, Mijeanne Möller, Anine Conradie, Stella Stewart, Angelique Meyer
|
Vir meer foto's, kliek hier! |
|
ATKV-POSTMATRIEKS PAK LANG FIETSTOER |
|
|
Die ATKV-Jeuginstituut bied eersdaags ‘n uitdagende fietstoer aan.
Die ATKV-Jeuginstituut se jaarlikse postmatriekjaar, wat aan leerders na skool die geleentheid bied om eers perspektief op hul lewe en vir hul toekomsplanne te kry, is die groot dryfveer agter hierdie inisiatief.
"Vanjaar huisves ons 25 studente van regoor Suid-Afrika en stel hulle bloot aan ‘n hele reeks kursusse. Ten einde hulle ook ‘n fisiese uitdaging te bied, pak die groep studente vanjaar ‘n lang fietstoer.
"Ons studente kom van reg oor Suid-Afrika. Van 13 tot 27 Julie gaan die postmatriekstudente twee fietstoere van tussen 800km en 950km onderskeidelik aandurf. Tydens die toer gaan die groep talle skole op die roetes wat hulle aanpak besoek, praat oor die ATKV en sy jeugaksies en dan ook skole uitdaag om geld te skenk, " het me Lizette Odendaal, organiseerder van die ATKV-Jeuginstituut, gesê.
Tydens hierdie besoeke word leerders ingelig oor die doelstellings van die ATKV en spesifiek die ATKV-Jeuginstituut en word daar ook geld ingesamel.
Om die projek uit te bou en om as aansporing vir bydraes tot die poging te dien, het die ATKV-Drakensville vakansieoord 'n vakansie van sewe nagte geborg vir die skool wat die meeste geld vir die fonds insamel. Hierdie vakansie moet in die eerste week van Desember 2010 geneem word en die waarde daarvan is R7 000. Die vakansie is vir ses persone en in 'n selfsorg-huis. Die skool wat die meeste geld insamel, kan hierdie vakansie volgens hulle eie diskresie aanwend. Hulle kan dit uitloot of vir iemand skenk.
"Die toer word in ‘n noord-toer en suid-toer verdeel en ry in twee rigtings vanaf ATKV-Drakensville. Die suid-toer begin by ATKV-Drakensville en besoek dorpe soos Bethlehem, Senekal, Brandfort, Klerksdorp en Potchefstroom voordat dit in Randfontein eindig.
"Die noord-toer begin ook op ATKV-Drakensville, maar gaan dan onder meer na Ladysmith, Newcastle, Vryheid, Middelburg, Ermelo en Witbank. Skole wat tydens hierdie been van die toer besoek sal word, sluit in die Hoërskool Marais Viljoen, Dinamika, Alberton, Kemptonpark, Birchleigh en Jeugland – ‘n totaal van 23 skole.
"Tydens die suid-toer word altesaam 39 skole, insluitend die hoërskole Witteberg, Voortrekker, Senekal, CR Swart en Jim Fouché besoek.
Vir meer inligting oor die fietstoer en hoe om daarby betrokke te raak, skakel gerus vir Lizette Odendaal by 011 919 9000
 |
Volg die fietstoer op Facebook |
|
|
POSTMATRIEKPROGRAM |
|
|
Unieke postmatriekprogram dalk net die ding vir 2011 - 2011 aansoeke nou OOP
As jy onseker is wat om na graad 12 te doen het die ATKV se postmatriek net die antwoord. Die ATKV-Jeuginstituut se eerste postmatriekjaar is in 2009 geloods en 33 jongmense het dit suksesvol voltooi.
Volgens Lizette Odendaal, projekorganiseerder van die ATKV-Jeuginstituut, behels die postmatriek ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat wissel van buitelug-avontuur tot loopbaantoetsing, besoeke aan universiteite en skaduwerk. Vanjaar is daar 25 post-matrikulante in die program.
Die studente het die eerste kwartaal by ATKV-Drakensville in die Drakensberge deurgebring, en sal die eerste drie weke van die tweede kwartaal op Potchefstroom deurbring, waar daar onder andere kursusse gedoen word in projekbestuur, selfverdediging, skaduwerk word hier gedoen, asook ‘n klompie "straatskerp" aktiwiteite soos banksake, versekering, medies, pensioen ens. Die wintermaande sal deurgebring word by die ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen om sodoende die koue winters van die Drakensberge vry te spring.
Lizette en haar span kan met reg trots wees op hul baie unieke program. "Dis nie net daarop gerig om matrikulante vir ‘n jaar lank besig te hou nie, maar ook om hulle straatskerp te maak deur middel van verskeie kursusse."
Die ATKV-Postmatriek fokus baie op die praktiese sy van sake en kursusse en programme word aangebied op ‘n beginsel van ervaringsleer en praktiese vaardighede wat sigbare waarde tot ‘n student se lewe toevoeg. Tydens vakansies kan hulle help om avontuurtoere aan te bied – alles vaardighede wat hulle in die latere lewe kan gebruik.
Deelnemers word ook alles van entrepreneurskap geleer tydens ‘n entrepreneurskursus deur die Noordwes Universiteit. Lesings oor finansies, persoonlike beleggings en selfs die opstel van ‘n maandelikse begroting en ‘n kosbegroting vorm deel van die postmatriek.
Daar is ook kursusse in gevorderde motorbestuur, studiemetodes, besigheidsetiket en selfs tafel-etiket op die program Deur die loop van die jaar kry studente ook kans om die universiteite in en om Gauteng se opedae by te woon, en die projekleiers help met aansoeke by die verskillende universiteite.
Skaduwerk vorm ook ‘n belangrike deel van die program. Loopbaantoetsing vind plaas aan die begin van die jaar, en daarvolgens word die studente gehelp om skaduwerk te kry in die beroepe waarin hulle belangstel.
Die sielkundige kant van sake kry ook meer as genoeg aandag. Uitvoerige belangstelling- en persoonlikheidstoetsing word reg aan die begin van die kursus gedoen deur ‘n gekwalifiseerde sielkundige.
Al die verskillende postmatriek-kursusse word aangebied deur erkende, geakkrediteerde instellings. Inskrywings vir die 2011 postmatriekjaar is nou oop. Daar is slegs beperkte plekke beskikbaar, so moenie die geleentheid misloop nie. Inskrywings sluit 17 September 2010.
Aansoeke en meer inligting beskikbaar, skakel die ATKV-Jeuginstituut by 011 919 9038. |
|
ATKV-POSTMATRIEKFIETSTOER |
|
|
ATKV-postmariekfietstoer vanjaar ten bate van Beeld se Kinderfonds
Die ATKV-Jeuginstituut en Beeld se Kinderfonds bied eersdaags ‘n uitdagende fietstoer aan.
Die ATKV-Jeuginstituut se jaarlikse postmatriekjaar, wat aan leerders na skool die geleentheid bied om eers perspektief op hul lewe en toekomsplanne te kry, is die groot dryfveer agter hierdie inisiatief.
"Vanjaar huisves ons 25 studente van regoor Suid-Afrika en stel hulle bloot aan ‘n hele reeks kursusse. Ten einde hulle ook ‘n fisiese uitdaging te bied, pak die groep studente vanjaar ‘n lang fietstoer aan en gaan hulle daardeur geld vir Beeld se Kinderfonds insamel," het me Lizette Odendaal, organiseerder van die ATKV-Jeuginstituut, gesê.
"Ons studente kom van reg oor Suid-Afrika. Van 13 tot 27 Julie 2010 gaan die postmatriekstudente twee fietstoere van tussen 800km en 950km onderskeidelik aandurf ten bate van die Beeld-kinderfonds. Tydens die toer gaan die groep talle skole op die roetes wat hulle aanpak besoek, praat oor die ATKV en sy jeugaksies en dan ook skole uitdaag om geld vir die Kinderfonds te skenk.
"Die toer word in ‘n noord-toer en suid-toer verdeel en ry in twee rigtings vanaf ATKV-Drakensville. Die suid-toer begin by ATKV-Drakensville en besoek dorpe soos Bethlehem, Senekal, Brandfort, Klerksdorp en Potchefstroom voordat dit in Randfontein eindig.
"Die noord-toer begin ook op ATKV-Drakensville, maar gaan dan onder meer na Ladysmith, Newcastle, Vryheid, Middelburg, Ermelo en Witbank. Skole wat tydens hierdie been van die toer besoek sal word, sluit in die Hoërskool Marais Viljoen, Dinamika, Alberton, Kemptonpark, Birchleigh en Jeugland – ‘n totaal van 23 skole.
Tydens die suid-toer word altesaam 39 skole, insluitend die hoërskole Witteberg, Voortrekker, Senekal, CR Swart en Jim Fouché besoek.
"Ons kan met trots sê dat sowat 10 000 kinders jaarliks op een of ander wyse deur die Beeld-Kinderfonds gehelp word. Die bydraes wat deur die postmatrieks van die ATKV-Jeuginstituut ingesamel gaan word, sal die steeds groeiende aantal kinders wat welsynshulp benodig, bystaan," het me Adrie van Staden, skakelbeampte van Beeld se Kinderfonds gesê.
Vir meer inligting oor die fietstoer en hoe om daarby betrokke te raak, skakel gerus vir Lizette Odendaal by 011 919 9000. |
|
POSTMATRIEK 2010 |
|
- Kliek hier vir die ATKV-Postmatriek Toerusting Nuusbrief
- Kliek hier vir die ATKV-Postmatriek Jaarbeplanning
|
|
|
|
|
|
|
|
|