ATKV
-
TUIS
OOR ATKV-PROJEKTE
PROJEKORGANISEERDERS
PROJEK KALENDER
PROJEK UITSLAE
KONTAK ONS
 
NUUTSTE NUUS
KLIEK OP ENIGE VAN DIE SKAKELS AAN DIE LINKERKANT VIR DIE VERSKILLENDE PROJEKTE!

UITNODIGING: LEIERS VAN HOOP Afdruk

Die ATKV wil graag deel wees van en meewerk aan 'n suksesvolle Suid-Afrika, derhalwe is die onderwys 'n saak wat die ATKV na aan die hart lê.

Bo en behalwe die verskeidenheid projekte wat vir leerders aangebied word, loods die ATKV 'n nuwe inisiatief wat spesifiek op opvoeders gerig word, naamlik Leiers van Hoop.

Leiers van Hoop is 'n unieke kursus wat spesiaal ontwerp is vir hoofde en adjunk-hoofde van skole wat deel wil wees van 'n suksesvolle Suid-Afrika.

Dit is 'n algemene persepsie dat dit swaar gaan in en met die onderwys. Daar word meer dikwels gepraat en verslag gedoen oor die donker wolke in die onderwys as oor die mooi en goeie dinge van die onderwys.

Lees Meer
 
LEIERAKADEMIE Afdruk
Ons bak nie net koeksisters nie!  Die Jeuginstituut het vir 2010 'n vennootskap met agt Hoërskole (in die Oosrand, Wesrand, Linden en Pretoria) om 'n Leierakademie as deel van die skool se buitemuurse aktiwiteite aan te bied. Die program behels dat 'n leerder inskryf en hom/haar verbind om die klasse oor 'n periode van 28 weke by te woon. Dit is nie net vir verkose leiers nie maar vir enige leerder van Graad 8 tot Graad 11.