ATKV
-
TUIS
OOR ATKV-PROJEKTE
PROJEKORGANISEERDERS
PROJEK KALENDER
PROJEK UITSLAE
KONTAK ONS
POZZI
 
NUUTSTE NUUS Druk


Die ATKV is in 2009 weer by Cultivaria. Kom kuier gerus vir ons van 24 tot 27 September 2009 in die Paarl. Hou die blad dop om te sien waar ons gaan wees en watter opwindende produksies ons na die fees gaan neem.


Waarheen as jy 300 rivierklippe vir ‘n gala-geleentheid geverf moet kry?

Die Cultivaria Fees in die Paarl skop elke jaar af met hul bekende swartdas-ete in die hoofstraat. Die tafel is ‘n paar honderd meter lank en ‘n duisend gaste sit aan … alles in klassieke styl. Die organiseerder van die aand het egter met een groot uitdaging gesit. Sy wou 300 rivierklippe laat verf met die embleem van die borg daarop. Omrede die Paarl-damestak alombekend is om vinnig en doeltreffend iets te kan reël, is hulle genader met hierdie besonderse projek.

Anita (voorsitter) en Maretha (tesourier) het aan die werk gespring en kort voor lank is hulle met ‘n skriftelike versoek na die Areakommissaris van die Korrektiewe Dienste. As deel van hul sport-, rekreasie-, kuns- en kutuurprogram het ‘n aantal gevangenes onder leiding van die Paarl-damestak die klippe begin verf. Binne ‘n rekordtyd is al die klippe kreatief versier met die borg se embleem as sentrale tema.

Met trots het van die dames die aand aangesit by hierdie spogete, welwetende dat hulle nie net deel gehad het daaraan nie, maar ook deel kon wees van die rekreasieproses by Korrektiewe Dienste.

 

 
BANNERS
BANNERS teks